Voltitel Woonhuise / Deeltitel Woonstelle

Die voltitel woonhuise het elkeen moderne afwerkings, ‘n motorhuis en klein tuin waar die met groen vingers nog hul hande kan vuilmaak.

Hier is ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir elke inwoner om by in te skakel, van ‘n paar vriende wat saam motorfiets ry tot vir die meer aktiewe, ‘n rolbalklub om by aan te sluit of ‘n fietsrymaat om die rit meer gesellig te maak.

Veiligheid is vir ons ‘n prioriteit en wanneer jy met jou karavaan of 4x4 op toer gaan, kan jy met ‘n geruste hart jou deur toetrek en weet dat jou besitting veilig is by Bardolino.

Die dames kom bymekaar vir hekel- of breiprojekte of geniet net ‘n koppie tee terwyl manlief aan sy projek in die motorhuis werk. Ons kan spog met die Mosselbaai Gholfklub, asook die wêreldklas Pinnacle Point Gholfbaan waar die manne hulself besig hou om uit die moeilikheid te bly.

Bystandswoonstelle

Die nuut voltooide woonstelle is toegerus met ingeboude kaste en ‘n kitchenette wat u na u eie smaak en behoefte kan meubileer. Die eenhede is baie stylvol afgerond en elke woonstel is rolstoelvriendelik ontwerp. Daar is verskillende grootte eenhede om by elke individu se unieke behoefte en persoonlikheid te pas. Dit is perfek vir iemand wat nog hul eie spasie verkies. Dit is gerusstellend om te weet die versorgsingsentrum is op die grondvloer geleë en kan die nodige bystand verleen. Ons personeel is uiters profesioneel en deeglik opgelei en diens word met waardigheid gelewer.

Daar is ‘n mediese dokter daagliks vanaf 08:00 tot 12:00 aan diens op die perseel. Die spreekkamer is gemaklik en naby gelëe in die Bardolino Dienssentrum op die grondvloer.

Die 33 woonstelle is pas voltooi en is tans in die bemarkingsfase. Moenie die geleentheid misloop om Bardolino u tuiste te maak vir u senior jare nie.

Sorgeenheid

Die 53 bed versorgingseenheid bied versorging vir bejaardes en mediese bystand word onder toesig van dokter Leon van Schalkwyk aan die inwoners gebied. Ons personeel is deeglik opgelei en diens word met waardigheid gelewer.