Funksies

By Bardolino hou ons graag jolige funksies met musiekvertonings en heerlike lekkernye. Ons spyseniering word gedoen deur die maatskappy Feedem.Ā 

Restaurant

Die moderne kombuis en eetsaal (waar die huiseienaars hul etes teen billike pryse kan geniet of as wegneemetes kan geniet), berei ook die dienssentrum en die verhuringswoonstelle se etes voor. Daar words daagliks 'n tweegang maaltyd voorberei, waarvan die inwoners 'n keuse van twee spyskaarte het. Die middagetes is ingesluit by die verhuringswoonstelle se prys en u het 'n keuse om die oggend- en aandetes ook in te sluit.

Haar-, Nael- & Skoonheidsalon

Salon @ Bardolino is gerieflik gevestig in die Bardolino Leefstyloord, gelee in Diaz Strand. Kom en word gepamperlang terwyl vriendelike terapeute jou tuis laat voel en in die beste weergawe van jouself transformeer. Oop vir die publiek.

  • Haar kleur
  • Haarsny
  • Haarstileering
  • "Highlights"
  • Haarverlenging
  • Naels
  • Manikuur en Pedikuur
  • Masseering
  • Gesigsbehandeling
  • Wenkbroue- en wimpersvorming
  • Wimperverlenging

Kontak: 082 949 1895

Koffiekroeg

Die koffiekroeg is ook `n kuierplek waar gaste en familie die soet of sout van die lewe saam jou kan geniet.

Naby geleƫ fasiliteite