Ons personeel

Die personeel werksaam by Bardolino is deur ‘n intensiewe keuringsproses en met die hand uitgesoek. Die matrone, verpleegsters en versorgers is uiters bekwaam en ervare, maar meer belangrik, hulle versorg die senior burgers met waardigheid, liefde en deernis.

Die versorgingseenheid bestaan uit 53 beddens wat hierdie fassiliteit een van die grootstes in die Suid Kaap maak. Dokter Leon van Schalkwyk wat sy praktyk vanuit Bardolino Dienssentrum bedryf doen daagliks rondtes by elke inwoner van die versorgingseenheid.

Die bestuur van Bardolino Dienssentrum het ten doel om die standaard van diens in Bardolino op die hoogste vlak te hou om te verseker dat Bardolino die elite oord sal bly soos dit oorspronklik beplan is. Bardolino is nie net ‘n gewone aftree oord nie, hier is ‘n gemeenskap waar inwoners vriende is.

Die spyseniering personeel is baie profesioneel en verseker dat elke ete op die hoogste standaard by u tafel in die restaurant bedien word, uit ondervinding kan ek sê die kos lyk nie net mooi op die bord nie, maar dis ook heerlik smaaklik. Wanneer u vooraf met die kombuis reël kan u ook etes wegneem om by die huis te gaan geniet.

Burgert le Roux

HEV Voorsitter

Leandra Smit

Afdelingshoof | Sorgeenheid

HEV Oordbestuurder

HOA Resort Manager

Sr D v Jaarsveld

Afdelingshoof | Sorgeenheid

Sr P Steyn

Verpleegster

Zen Hawksley

Skoonheidsterapeut

Lyda Bronkhorst

Haarkapster

Carla Zietsman

Feedem Manager